|
Welkom By Laerskool Bloemfontein |
|

Visie
Die Laerskool Bloemfontein is 'n Afrikaansmediumskool wat met uitnemendheid daarna streef om aan die primêre vlak onderwysbehoefte van die gemeenskap te voldoen en waar die Christelike grondslag van kardinale belang is.
Christelike Etos
Die Bybel sal as die enigste maatstaf dien by enige vorm van godsdiensbeoefening deur die skool. Leerders en opvoeders sal hul te alle tye daarvan weerhou om 'n spesifieke dogma/kerkverband te bevorder.
Daar sal van elke leerder verwag word om 'n hoë morele en etiese standaard van optrede, gedrag en taalgebruik te handhaaf.
|
|
Lees meer...
|
|
Hierdie Pre-Primêre skool is geleë op Laerskool Bloemfontein se skoolterrein en is al vir baie jare een van ons hoofvoedingsare. Daar is tans ongeveer 111 kleuters wat wissel vanaf ouderdom 3 jaar tot en met 6 jaar.
Die 8 personeellede is uiters bekwaam en hanteer die kleuters met baie liefde. Duimpie maak gebruik van 'n gevestigde dagprogram wat speel en leer goed balanseer. Daar is vier ruim klaskamers met 'n groot buitespeel area. Die twee Gr. R-klasse berei kleuters deeglik voor vir die "groot" skool. Duimpie is goed toegerus vir enige kleuter.
Skoolgeld vir 2012
- R550 vir halfdag
- R700 vir voldag
- Let Wel: R100 intreefooi is van toepasing vir nuwe inskrywings
Aansoekvorm 2012
Klik hier om die aansoekvorm vir Duimpie Pre-primêr af te laai
|
|
Lees meer...
|