Duimpie Pre-Primêr

Duimpie Pre-Primêr BloemfonteinHierdie Pre-Primêre skool is geleë op Laerskool Bloemfontein se skoolterrein en is al vir baie jare een van ons hoofvoedingsare. Daar is tans ongeveer 111 kleuters wat wissel vanaf ouderdom 3 jaar tot en met 6 jaar.

Die 8 personeellede is uiters bekwaam en hanteer die kleuters met baie liefde. Duimpie maak gebruik van 'n gevestigde dagprogram wat speel en leer goed balanseer. Daar is vier ruim klaskamers met 'n groot buitespeel area. Die twee Gr. R-klasse berei kleuters deeglik voor vir die "groot" skool. Duimpie is goed toegerus vir enige kleuter.

 

Skoolgeld vir 2012

  • R550 vir halfdag
  • R700 vir voldag
  • Let Wel: R100 intreefooi is van toepasing vir nuwe inskrywings

 

Aansoekvorm 2012

Klik hier om die aansoekvorm vir Duimpie Pre-primêr af te laai