Finansies
Skoolfonds
- R600 per maand oor 11 maande.
- Eerste betaling onmiddellik betaalbaar wanneer skool in Januarie 2018 heropen.
- Totale skoolfonds per jaar is R6,600.
- Indien skoolfonds ten volle betaal is voor of op 1 Maart 2018 kry ouer ‘n maand korting en betaal dus net vir 10 maande skoolfonds. (R6,000)
Beurse Vir Skoolgeld
- Aansoekvorms vir beurse vir skoolgeld is beskikbaar vanaf Januarie 2018.
- Bewyse van salarisse en/of ander inkomste soos aan die einde Januarie 2018 moet by die beursvorms aangeheg word.
- Beursvorms moet ingehandig word voor of op 16 Februarie 2018.
- Let asseblief daarop dat u elke jaar moet aansoek doen vir 'n beurs vir skoolgeld.
- Beurse word bereken vir 10 maande (Februarie tot November).
- Januarie se skoolgeld (R600) moet asseblief deur ALLE leerders betaal word.
Busgeld vir 2018 beloop
R350 per leerder per maand vir 11 maande (Januarie - November) wat betaalbaar is by Laerskool.
- Busgeld is vooruitbetaalbaar voor die 7de van elke maand of binne die eerste drie dae nadat die skool heropen het.
- Die bedrag word vir elke maand betaal al is daar dele van die maand wat binne 'n skoolvakansie val.
- Busgeld onderhewig aan verandering enige tyd van die jaar.
(Bogenoemde agv. Styging in dieselpryse - kennis geskied skriftelik). - Geen beurse is beskikbaar vir busgeld nie.
Skooldrag Pryse By Skool
Item |
Bedrag |
Dik baadjie |
(R380 vir Groot) (Klein R350) (borduurwerk R25 addisioneel) |
Kouse |
R50 per paar |
Pennesakkie |
R10 |
Rok |
7 - 12 Jaar = R200 |
Sportbroek |
R150 (KS - XS) & R170 (S+) |
Sporthemp |
KS - XS = R150 |
Sportsak |
Groot = R180 |
Sweater |
R150 (Alle Groottes) |
Sweetpak |
Vol Sweetpak (KS - Xs) = R420 / S - XL = R450 |
Truie |
R150 |
Beanies | R50 |
Serpe | R50 |
Reëls: Skooldrag
Somer
- Maandae, Dinsdae, Donderdae, Vrydae: Sportdrag (Dogters & Seuns)
- Woensdae - Dogters: Skoolrok, wit kortmou hemp, wit kort kouse
- Woensdae - Seuns: Grys broek, grys hemp, grys kouse
Winter
- Skoolsweetpak - Alle dae van die week
Namiddag Studie (Maandae - Vrydae vanaf 14:00 - 17:00)
- R250 per maand per leerder vooruitbetaalbaar
- Betaalbaar - 11 Maande = R2 750 per leerder per jaar
- Januarie se toesiggeld moet asseblief saam met die skoolgeld in Januarie betaal word
Bankbesonderhede
Skoolgeld, busgeld ens kan ook direk op ons bankrekening inbetaal word.
Verwysing wat op ons bankstaat moet wees:
- Die van en naam van die leerder/s,
- dan SF vir skklgeld
- en/of SFB as die busgeld ingesluit is.
- U moet asb ook aandui of die geld vir 2017 of 2018 is.
Bewyse van die inbetalings meot asb gestuur word na: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien of gefaks word na: 051 433 3067.
ABSA
Tjekrekening
Laerskool Bloemfontein
Rekening nommer: 404 887 1372
Takkode: 334 334 of 632 005