Netbal

Laerskool Bloemfontein - NetbalDie skool is bevoorreg om twee van die beste afrigters en skeidsregters in die Vrystaat te hê nl. Carin Jordaan en Retha Erasmus (de Lange).

Die skool het 25 spanne wat weekliks afgerig word deur afrigters wat gereeld gradeer en kursusse bywoon sodat hulle die beste tegnieke vir die speelsters kan aanleer

Laerskool Bloemfontein speel in die A-liga afdeling gedurende die tweede kwartaal. Daar word ook gereeld aan sportdae deelgeneem en die skool bied jaarliks 'n groot netbal- en rugbytoernooi aan. Dit staan bekend as Itec & Laerskool Bloemfontein Super 16 Toernooi.

Laerskool Bloemfontein het ook al verskeie Suid-Vrystaat spelers opgelewer.