Skaak

Laerskool Bloemfontein - SkaakOngeveer 40 leerders van Gr. 1-7 neem jaarliks aan skaak deel. Junior en Senior spanne neem aan die skaakliga deel en die skool lewer gereeld ligawenners op.

Daar word ook jaarliks aan die Blitsskaak- en Johan Fourietoernooi deelgeneem. Verskeie spelers het ook al Vrystaatkleure in skaak verwerf.