Ongeveer 40 leerders van Gr. 1-7 neem jaarliks aan skaak deel. Junior en Senior spanne neem aan die skaakliga deel en die skool lewer gereeld ligawenners op.
Daar word ook jaarliks aan die Blitsskaak- en Johan Fourietoernooi deelgeneem. Verskeie spelers het ook al Vrystaatkleure in skaak verwerf.