Visie
Die Laerskool Bloemfontein is 'n Afrikaansmediumskool wat met uitnemendheid daarna streef om aan die primêre vlak onderwysbehoefte van die gemeenskap te voldoen en waar die godsdienstige waardestelsel van kardinale belang is.
Daar sal van elke leerder verwag word om 'n hoë morele en etiese standaard van optrede, gedrag en taalgebruik te handhaaf.
Missie
Die missie sal realiseer deur middel van:
- Die handhawing van 'n godsdienstige karakter.
- Akademiese prestasie deur middel van doeltreffende onderrig tot die hoogs moontlike individuele peil te ontwikkel.
- Die bevordering van liefde en lojaliteit vir ons land.
- Die behoeftes, taal, kultuur en regte van elke groep te eerbiedig.
- Goeie menseverhoudings en kommunikasie aan te moedig.
- Ingebore talente van sy leerders te ontdek en maksimaal te ontwikkel.
- Deelname aan buitemuurse- en kultuuraktiwiteite aan te moedig.
- Sport aan te moedig en te ontwikkel.
- 'n Aangename, ontspanne werkatmosfeer vir leerders en opvoeders te handhaaf.
- Ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid aan te moedig.
- Bates te bestuur tot maksimum nut en tot voordeel van die skool.
- Om daarna te strewe dat elke leerder as 'n gebalanseerde mens aanvaarbaar sal wees in die samelewing.