Elke jaar word twee volledige spanne, bestaande uit 'n kaptein, twee leiers en ses lede aangewys uit die Gr. 5-7 leerders. Die spanne word opgelei soos vereis deur die verkeersregulasies.
Die twee spanne roteer weekliks. Hulle lewer 'n onbaatsugtige diens om die skool se leerders veilig oor die besige Gladstone-weg (wat dubbelbaanverkeer dra) te help.
Die diens word verrig in 'n wettige afgebakende sone, voorsien van die nodige verkeersmerke en -tekens. Streng kontrole word gehou oor die spanne. Toerusting wat gebruik word, word gereeld versien en vernuwe, volgens die nodige vereistes.